| Who cast that first fateful tomato that started the La Tomatina revolution? The reality is no one knows. Maybe it was an anti-Franco rebellion, or a carnival that got out of hand. According to the most popular version of the story, during the 1945 festival of Los Gigantes (a giant paper mâché puppet parade), locals were looking to stage a brawl to get some attention. They happened upon a vegetable cart nearby and started hurling ripe tomatoes. Innocent onlookers got involved until the scene escalated into a massive melee of flying fruit. The instigators had to repay the tomato vendors, but that didn't stop the recurrence of more tomato fights—and the birth of a new tradition.
Fearful of an unruly escalation, authorities enacted, relaxed, and then reinstated a series of bans in the 1950s. In 1951, locals who defied the law were imprisoned until public outcry called for their release. The most famous effrontery to the tomato bans happened in 1957 when proponents held a mock tomato funeral complete with a coffin and procession. After 1957, the local government decided to roll with the punches, set a few rules in place, and embraced the wacky tradition.
Though the tomatoes take center stage, a week of festivities lead up to the final showdown. It's a celebration of Buñol's patron saints, the Virgin Mary and St. Louis Bertrand, with street parades, music, and fireworks in joyous Spanish fashion. To build up your strength for the impending brawl, an epic paella is served on the eve of the battle, showcasing an iconic Valencian dish of rice, seafood, saffron, and olive oil.
Today, this unfettered festival has some measure of order. Organizers have gone so far as to cultivate a special variety of unpalatable tomatoes just for the annual event. Festivities kick off around 10 a.m. when participants race to grab a ham fixed atop a greasy pole. Onlookers hose the scramblers with water while singing and dancing in the streets. When the church bell strikes noon, trucks packed with tomatoes roll into town, while chants of "To-ma-te, to-ma-te!" reach a crescendo.
Then, with the firing of a water cannon, the main event begins. That's the green light for crushing and launching tomatoes in all-out attacks against fellow participants. Long distance tomato lobbers, point-blank assassins, and medium range hook shots. Whatever your technique, by the time it's over, you will look (and feel) quite different. Nearly an hour later, tomato-soaked bombers are left to play in a sea of squishy street salsa with little left resembling a tomato to be found. A second cannon shot signals the end of the battle. | Wie het die eerste noodlottige tamatie gegooi wat die La Tomatina revolusie begin het? Niemand weet eintlik nie. Miskien was dit 'n anti-Franco rebellie, of 'n karnaval wat handuit geruk het. Volgens die mees gewilde weergawe van die storie,het plaaslike inwonders tydens die 1945-fees van Los Gigantes ('n reuse papiermaché handpop-parade), 'n bakleiery begin om aandag te trek. Daar was 'n groentemandjie naby en hulle het tamaties begin gooi. Onskuldige omstanders het betrokke geraak en die die toneel het ontaard in 'n massiewe vrugtegeveg. Die ontstokers moes die tamatieverskaffers betaal, maar dit het nie die herhaling van meer tamatiegevegte en die begin van 'n nuwe tradisie gestop nie. Bang vir 'n toename in oproerigheid, het owerhede in die 1950’s ‘n reeks verbannings ingestel en toe weer verslap, maar later weer ingestel. In 1951, is ‘n paar plaaslike inwoners wat die wet verontagsaam het, tronk toe gestuur, maar na ‘n openbare protes, is hulle weer vrygelaat . Die mees bekende protes teen die tamatie-wette was in 1957, toe inwoners 'n kamma-kamma tamatiebegrafnis gehou het, met kis en al. Na 1957 het die plaaslike regering besluit om maar by die situasie aan te pas en met ‘n reëls in plek, is die malle tradisie aanvaar. Alhoewel die tamaties die belangrikste ding is, is daar 'n week van feesvieringe vooraf wat tot die finale tamatie-geveg lei. Dit is 'n viering van Buñol se heiliges, die Maagd Maria en St Louis Bertrand, met straatparades, musiek en vuurwerke in vreugdevolle Spaanse mode. Om jou krag vir die groot geveg op te bou, word 'n epiese paella die vorige aand bedien. Die paella is 'n ikoniese Valencia-gereg met rys, seekos, saffraan en olyfolie. Deesdae is daar ‘n mate van orde aan die fees. Organiseerders het al so ver gegaan as om 'n spesiale verskeidenheid van onsmaaklike tamaties spesiaal vir hierdie jaarlikse gebeurtenis te kweek. Feesvieringe begin ongeveer 10 v.m. wanneer die deelnemers jaag om 'n ham bo-op 'n vetterige paal te gryp. Omstanders spuit die deelnemers met water nat, terwyl hulle in die strate sing en dans. Wanneer die kerkklok 12-uur slaan, kom vragmotors gepak met tamaties die dorp in, terwyl die klank van "To-ma-te, tot-ma-te!" 'n hoogtepunt bereik. Dan, met ‘n skoot van die waterkanon, begin die belangrikste gebeurtenis. Dit is die teken dat jy die tamaties kan begin stukkend trap, om jou mede deelnemers daarmee te peper. Langafstand tamatie-gooiers, kortafstand doodgooi-skote en medium-afstand haak-skote. Wat ook al jou tegniek, teen die tyd dat dit verby is, sal jy heel anders lyk (en voel). Byna 'n uur later, speel tamatie-bedekte bomwerpers in 'n see van papsafte straat-salsa met niks wat meer soos 'n tamatie lyk nie. 'n Tweede kanonskoot beteken die einde van die geveg. |